top of page

RUGBY: Ixias , Shimlas & Wits kry streepsuiker / Maties nog onoorwonne in Varsitybeker-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 11, 2025
  • 1 min read

Die Ixias , Shimlas en Wits sal hul wonde lek nadat diè drie spanne pakslae gekry het in die vierde ronde in vanjaar se Varsitybeker-reeks. Die Sentrale Universiteit van Tegnologie se Ixias het hulself vasgeloop teen Tuks en is met 26 – 63 op hul tuisveld verinneweer terwyl die Shimlas in Potchefstroom teen die Pukke en hul ondersteuners ’n opdraende stryd moes voer en die verdedigende kampioen van Bloemfontein met 14 – 59 streepsuiker gekry het. Wits het ook ’n lang aand in die Kaap gehad toe die Ikeys hulle met 73 – 17 van die veld af gespeel het terwyl die Maties hulle onoorwonne rekord behou het deur UJ met 25 – 7 in hul eie agterplaas te klop.

 
 
 

Comments


bottom of page