top of page

RUGBY: Junior Bokke gereed vir Wêreldrugby Kampioenskap in Italië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 25, 2025
  • 1 min read

Die Junior Springbokke is oorgehaal en gereed vir die 2025 Wêreldrugby o.20 Kampioenskap wat Sondag in Verona, Italië afskop. Die Suid-Afrikaners begin hul veldtog teen Australië voordat hulle teen Engeland en Skotland in ‘n moeilike groep te staan gaan kom. Kaptein Riley Norton het die span se eenheid en voorbereiding geprys terwyl spanmaats Siphosethu Mnebelele en JJ Theron die waarde van onlangse internasionale ervaring verder beklemtoon het. Die Stormers het bevestig dat nege spelers diè unie gaan verlaat. Joseph Dweba sluit aan by die Exeter Chiefs, Herschel Jantjies gaan vir Bayonne in Frankryk uitdraf en die Engelsman Ben Loader keer terug na Gloucester. Plaaslik skuif Angelo Davids na die Lions, Paul de Wet gaan vir die Ligbloues diens doen terwyl Manie Libbok van sy kontrak vrygestel is en die gewese Cheetah Clayton Blommetjies ook Tafelberg gaan groet. Die Zimbabwiër Dave Ewers het besluit om sy stewels op te hang terwyl die veteraan Brok Harris se kniebesering hom finaal laat halt roep het na 120 wedstryde in die Streeptrui.

 
 
 

Comments


bottom of page