RUGBY: Junior Bokke oorgehaal vir stryd teen verdedigende kampioen Engeland in o.20 Wêreld Kampioenskap
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3, 2025
- 1 min read
Die Junior Bokke se afrigter Kevin Foote het een verandering aan sy span gemaak vir hul volgende ontmoeting teen die verdeidgende kampioen Engeland nadat hulle die Wallabies verpletter het in hul o.20 Wêreld Rugby Kampioenskaps-toernooi openingswedstryd. Die buitesenter Demitre Erasmus wat sonsteek opgedoen het word deur Gino Cupido vervang terwyl Foote ook twee taktiese veranderinge op die plaasvervangersbank aangebring het met die insluiting van die skrumskakel Ceano Everson en die veelsydige agterspeler Dominic Malgas. Diè duo vervang Erich Visser en Ian van der Merwe. Die wedstryd skop om 18:00 (SA Tyd) in die Amsterdam Arena af.






Comments