top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Junior Bokke struikel vir tweede keer in o.20 Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 12, 2025
1 min read

In die o.20 Rugbykampioenskap het die Junior Bokke weereens hulself gepootjie nadat hulle teen Nieu-Seeland wat hul titel ook nou behou het in die laaste ronde wedstryd in die Baai met 45 – 48 vasgeval het. Die tuisspan was reeds na 14 minute met 19 – 0 voor maar die inkonsekwentheid met spankeuses asook besluitneming en hantering het veel te wense oorgelaat. Die Junior Bokke se afrigter Kevin Foote het harde werk wat voorlê met die o.20 Wêreldbeker-toernooi wat volgende maand in Italië afskop. *In die 30ste herdenking van die jaarlike interskole-kragmeting  tussen Grey Kollege en die Hoër Jongenskool Paarl het Boishaai in die reën ’n wendroogte van agt jaar gebreek en met 25 – 10 geseëvier. In die ander interskole-stryd van die naweek het Paarl Gimnasium die modderstryd in Stellenbosch teen Paul Roos met 17 – 10 gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page