RUGBY: Junior Bokke verrineweer Skotland in laaste groepfase wedstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 10, 2025
- 1 min read
Die Junior Bokke het die groepfase van die o.20 Wêreldtoernooi vir die eerste keer sedert 2019 onoorwonne afgesluit nadat hulle Skotland met 73 – 14 uit die pad gevee het. Die Suid-Afrikaners het 11 drieë ingeryg terwyl die Skotte slegs twee keer die doellyn kon oorsteek. Die Junior Bokke speel eerskomende Maandag teen Argentiniè in die een halfeindronde terwyl Frankryk en Niieu-Seeland vir die oorblywende plek in die eindstryd sal meeding. Die eindstryd word Saterdag in Rovigo beslis.






Comments