RUGBY: Junior Bokke verskerp fokus voor Wêreldkampioenskap
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 2, 2025
- 1 min read
Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het ‘n oefengroep van 37 aangewys vir die laaste kamp in Stellenbosch voor volgende maand se Wêreldrugby o.20-kampioenskap in Italië. Rambo Kubheka, Shaun Schürman en Ian van der Merwe sluit by die groep aan terwyl sleutelspelers soos Jaco Grobbelaar, Stephanus Linde en Jaco Williams terugkeer. Terugslae weens beserings het HB Odendaal, Neil Hansen, Divan Fuller en Matt Romao uitgesluit, terwyl heelagter JC Mars na verwagting sal aansluit sodra hy fiks is. Die span sal Kenia in twee wedstrydsimulasie-sessies op 9 en 14 Junie te staan kom as deel van hul finale voorbereidings voor hul vertrek na Italië op 24 Junie.






Comments