RUGBY: Leinster Lions hou Bulls aan die raai voor VRK-eindstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 10
- 1 min read
Die Leinster Lions se afrigtingspan het met 'n taktiese aanslag begin voor Saterdag se VRK-eindstryd teen die Bulls in Dublin met van hul sleutel-spelers wat op die laaste nippertjie ingesluit kan word. Tommy O’Brien en Jordan Larmour is beskikbaar terwyl Tadhg Furlong, Garry Ringrose, Hugo Keenan en Josh van der Flier steeds onder beserings assesserings is. Intussen sê Bulle-afrigter Jake White dat alhoewel die Ligbloues een meer wedstryd as Leinster in hul laaste vyf gewen het, bly diè Ierse reuse gedug ongeag wie die veld betree en verwag ‘n titaniese stryd teen die Lions wanneer diè riller om 18:00 (SA Tyd) afskop.





Comments