top of page

RUGBY: Lewis Moody maak motorneuronsiekte bekend

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 7
  • 1 min read

Die voormalige Engelse flank en Wêreldbekerwenner van 2003, Lewis Moody, het bekend gemaak dat motorneuronsiekte (MNS) by hom gediagnoseer is.


Die 47-jarige Moody beskryf die nuus as ’n groot skok vir hom en sy familie, maar sê hy bly positief en fokus daarop om die lewe voluit te leef.


Die Engelse rugbyunie en sy voormalige klub Leicester Tigers, het hul steun uitgespreek en sy uitsonderlike bydrae tot die sport geloof.


Moody, wat 71 keer vir Engeland gespeel het en twee seuns het, toon tans slegs geringe simptome en sê hy hoop om so lank moontlik aktief te bly.


Lewis Moody. FOTO: TNT Sports
Lewis Moody. FOTO: TNT Sports

Comments


bottom of page