top of page

RUGBY: Malherbe oorgehaal vir wedstryd nommer 150 as Stormer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 12, 2025
  • 1 min read

Die Springbok en Stormers stut, Frans Malherbe, sal eerskomende naweek vir ‘n 150ste keer vir diè Kaapse span uitdraf wanneer hulle die Leeus op Ellispark in die VRK-reeks gaan aandurf. Volgens die Leeus se skrumafrigter Julian Redelinghuys gaan die rooi tapyt vir Malherbe eers na die wedstryd uitgerol word. Redelinghuys beskryf Malherbe as ‘n groot kryger van Suid-Afrikaanse rugby en iemand wat nie altyd die eer gekry het wat hom toekom nie en gesê dat Malherbe ook een van die onbesonge helde van Suid-Afrikaanse rugby is. Die Stormers en Leeus pak mekaar Saterdagmiddag om 14:30

 
 
 

Comments


bottom of page