top of page

RUGBY: Moodie en Hendrikse terug vir Bokke teen All Blacks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 6, 2024
  • 1 min read

Die vleuel Canan Moodie en skrumskakel Jaden Hendrikse is vir die eerste keer in 2024 in die Springbok 23-tal ingesluit. Moodie neem Kurt-Lee Arendse se plek op vleuel na hy ‘n besering opgedoen het terwyl Hendrikse op die plaasvervanger bank gaan sit met Grant Williams wat in die nommer-nege trui sal begin Verder vervang Willie le Roux vir Aphelele Fassi op heelagter terwyl Handre Pollard en Sacha Feinberg-Mngomezulu plekke in die nommer 10 trui ruil. Siya Kolisi sal weer die span aanvoer op loskopflank met diè kragmeting wat Saterdag om 17:00 in die DHL Stadion in Kaapstad afskop.

 
 
 

Comments


bottom of page