RUGBY: MTN en Springbokke se paaie skei
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 26
- 1 min read
Ná twee Wêreldbeker-rugbyoorwinnings en ’n geskiedkundige era vir Suid-Afrikaanse rugby, het MTN se borgskap van die Springbokke ná agt suksesvolle jare tot ’n einde gekom.
sê volgens berigte sal First National Bank (FNB) se logo – wat tans agter op die Springboktrui verskyn – nou op die voorkant pronk as die span se hoofborg. FNB is reeds die hoofborg vir die Springbok-vrouespan.
MTN SA se uitvoerende hoof, Charles Molapisi, het die maatskappy se verbintenis tot transformasie van rugby beklemtoon, deur sy reikwydte na grondvlak te verbreed en R30 miljoen in ontwikkelingsprogramme te belê.
Die SA Rugby-president, Mark Alexander, het MTN geprys dat hy tydens ‘n uitdagende tyd in 2017 opgetree het.





Comments