RUGBY: Nic White groet die Wallabies ná 72 toetse
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 31, 2025
- 1 min read
Nic White sal Saterdag vir die laaste keer vir die Wallabies uitdraf wanneer Australië teen die Britse en Ierse Leeus te staan kom. Die 34-jarige skrumskakel van die Western Force het Donderdag sy uittrede ná 14 jaar as beroepspeler aangekondig. White het aangedui dat dit vir hom ’n droom was om die goue trui aan te trek en het sedert 2013 in 72 toetse vir die Wallabies gespeel. Hy sal veral deur Suid-Afrikaners onthou word vir ’n dramatiese toneel teen die Springbokke in 2022 toe Faf de Klerk hom “per ongeluk” teen die wang getref het.






Comments