top of page

RUGBY: Pumas vee Griekwas uit die pad om as SA Beker-kampioen gekroon te word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 26, 2025
  • 1 min read

Die Pumas is as die nuwe SA Beker kampioen gekroon nadat hulle die Griekwas gestoomroller het met 39 – 14 in die Mbombela Stadion in Nelspruit. Die Laevelders was skitterend op die aanval en verdediging en het vyf keer agter die Poubloues se doelgebied gaan grond koop terwyl die besoekers net twee keer kon gaan druk. Die Griekwas se momentum was ook vroeg ontwrig toe die vaskopstut Cebo Dlamini weens ’n ontoelaatbare duikslag afgestuur is waarna die Pumas se haker Eduan Swart oomblikke later na ’n rolmaalbeweging oorgeval het die tuisspan se eerste drie. Die Pumas se kaptein Ruwald van der Merwe is ook laat in diue wedstryd met ’n rooi kaart afgestuur maar dit was toe reeds neusie verby vir die Poubloues om ‘n haas uit die hoed te kon trek. *In die Europese Uitdaagbeker-toernooi het Bath met die louere weggestap toe hy Lyon met 37 – 12 in die eindstryd kon troef terwyl Bordeaux as die Kampioene-beker wenner gekroon is nadat hulle die Northampton Saints met 28 – 20 uitoorlê het in die Principality Stadion.

 
 
 

Comments


bottom of page