top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Queensland en toekomstige Wallaby breier Les Kiss gaan gekombineerde Aussie-Kiwi-span teen Britse & Ierse Leeus afrig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 19, 2025
1 min read

Die toekomstige Wallaby-afrigter Les Kiss gaan ‘n sterk gekombineerde Australiese en Nieu-Seelandse span breo om die Britse Leeus op 12 Julie in Adelaide aan te vat. Kiss – wat tans Queenland se afrigter is  - volg Joe Schmidt volgende jaar op as die Goue Truie se nuwe breier en het gesê dat dit vir hom ’n groot eer is om vir die eerste keer sedert 1989 so ’n gekombineerde span in die veld te hê. Kiss gaan ook die voormalige All Blacks se hoofafrigter Ian Foster in sy kamp hê om met die voorbereiding te help. Die Britse en Ierse Leeus speel nege wedstryde op toer met die eerste een wat teen die Western Force afskop op 28 Junie in Perth. Daarna volg drie toetse teen die Wallabies – Brisbane op 19 Julie , die MCG ’n week later en dan die grote op 3 Augustus in Sydney.

 
 
 

Comments


bottom of page