RUGBY: Rassie Erasmus betrek drie Junior Bokke by sy oefengroep vir die Rugbykampioenskap teen die Wallabies
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23, 2025
- 1 min read
Die Bok-afrigter Rassie Erasmus het drie o.20 spelers by sy oefengroep vir die opkomende Rugbykampioenskaps-reeks teen die Wallabies ingesluit na blink vertonings in die afgelope Wêreldtoernooi. Skrumskakel Haashim Read, vleuel Cheswill Jooste en losvoorspeler Bathobele Hlekani was deel van die seëvierende Junior Bokke wat teen Nieu-Seeland in die eindstryd die trofee ingepalm het. Dié drietal sal by die kondisioneringskamp van twee weke wat op 27 Julie in Johannesburg begin inskakel en saam oefen. Die eerste toets teen die Wallabies is die 16de Augustus op Ellispark met die daaropvolgende een wat ’n week later in Kaapstad afskop.






Comments