RUGBY: Rassie vertrou Libbok
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 25, 2024
- 1 min read
Springbok afrigter Rassie Erasmus het volle vertroue in Manie Libbok en sy spel voor die naweek se beslissende Rugby Kampioenskap toets teen Argentinië in Mbombela.
Erasmus het vir Libbok en Jaden Hendrikse is as skakelpaar gekies, en verlede week se beginspan skakelpaar van Handre Pollard en Cobus Reinach bank toe geskuif.
Libbok se insluiting in die beginspan kom ondanks kritici van Springbok ondersteuners na hy ‘n strafskop in die doodsnikke van die afgelope naweek se wedstryd mis geskop het en die Bokke toe met een punt verloor het.
Volgens Erasmus is dit nie alleenlik Libbok se verantwoordelikheid om oplossing te vind vir sy skopwerk nie, maar as ‘n span is hulle besig met ‘n plan.






Comments