top of page

RUGBY: S.A. Rugby Unie tegnies insolvent na sy grootste verlies in byna 30 jaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 9, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) is tegnies bankrot in wat beskryf is as die grootste verlies in byna 30 jaar. Dit kom ná ‘n verlies van byna R100 miljoen verlede jaar as gevolg van ‘n mislukte aandele-ooreenkoms met die  Ackerley Sports Group. SARU se ooreenkoms om 20 persent van sy kommersiële regte aan die Amerikaanse private-ekwiteitsfirma vir R1,3 miljard te verkoop het deur die mat geval. Diè unie het nie daarin geslaag om die 75% steun van sy lede te verkry om die ooreenkoms te ondersteun nie maar bly egter optimisties met ‘n verbeterde vooruitsig vir vanjaar se finansiële bedrywighede.

 
 
 

Comments


bottom of page