top of page

RUGBY: SA o.18 se naasbestes verras Georgië in die internasionale jeug-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 13
  • 1 min read

Die o.18 A rugbyspan het met hul oorheersende agttal en ‘n agterlyn wat hul flair gewys het gate deur Georgië gehardloop om Dinsdag met 57 – 19 by Boland Landbou in die Agter-Paarl te wen. Die SA se naasbestes het nege keer gaan grond koop agter die pale terwyl die besoekers met drie vyfpunters tevrede moes wees. Alhoewel die A-span Vrydag teen Ierland vasgeval het met 36 – 39 sal hul vertoning teen Georgië hul breed laat bly glimlg aangesien die einste Georgië ook die naweek vir Engeland met 35 – 31 verras het. Dié wedstryd vorm deel van die internasionale o.18 reeks wat Engeland, Frankryk en Ierland insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page