top of page

RUGBY: Shimlas, Ixias, Maties & Tukkies behaal oorwinnings in Varsitybeker-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 25
  • 1 min read

Die tweede ronde van die Varsitybeker-reeks het weereens kookwater spel opgedis toe die Shimlas, Ixias, Maties en Tukkies goeie oorwinnings behaal het. In Bloemfontein het die Shimlas vir Wits met 59 – 29 getrap terwyl die Ixias met 23 – 19 oor die Ikeys kon seëvier. Die Maties het na Potchefstroom gereis en die Noordwes-Arende met 29 – 27 gestuit terwyl Tukkies op hul tuisveld te veel skietgoed vir UJ gehad het en het met 37 – 29 die septer geswaai. Volgende Maandag kuier die Johannesburgse studente by Shimlas, Wits speel gasheer vir die Pukke, Ixias reis na Stellenbosch en die Ikeys onthaal vir Tuks in Kaapstad.

 
 
 

Comments


bottom of page