RUGBY: Shimlas skraap deur, Ixias kry pakslae
- Armando Pieters

- Mar 4
- 1 min read
Rondte nommer drie van die FNB Varsitybeker-rugbyreeks het weer gesorg vir kookwaterspel onder die studente. Die Shimlas het UJ met 49 – 45 getroef nadat die Bloemfontein studente gemaklik voorgeloop het. Na lemoentyd het die tuisspan egter die voet van die pedaal afgehaal en toegelaat dat die Gautengers amper by die agterdeur inglip - maar gelukkig kop gehou om diè oorwinning in die sakkie te kry. Die Sentrale Universiteit van Tegnologie het na Stellenbosch gereis, maar hulself vasgeloop teen ’n Maties-span wat lus was vir hardlooprugby, waar die Maroen-truie diè ontmoeting afgesluit het met ’n eindtelling van 54 – 0. Wits het tuis teen die Pukke gespeel maar ongelukkig met 34 – 39 die onderspit gedelf terwyl die Ikeys vir Tukkies met 36 – 29 in Kaapstad gestuit het.





Comments