RUGBY: Skotland betreur heengaan van legendariese Frank Laidlaw
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 4, 2025
- 1 min read
Die voormalige Skotland-kaptein en Britse en Ierse Leeus-haker Frank Laidlaw is in die ouderdom van 84 oorlede soos dit deur die Skotse Rugby Unie aangekondig is. Laidlaw wat van 1965 tot 1971 twee-en-dertig wedstryde vir Skotland uitgedraf het, het ‘n sleutelrol gespeel in die Leeus se geskiedkundige 1971-toer na Nieu-Seeland vir hulle enigste reeksoorwinning teen die All Blacks. Hy het Skotland aangevoer tot ‘n onvergeetlike Calcuttabeker-oorwinning van 14 - 5 oor Engeland in 1970, wat ‘n vier jaar lange wendroogte teen hul oudste vyande gebreek het. Skotse Rugby het die vlag by die Murrayfield-stadion tot sy eer laat sak en innige meegevoel met sy familie en vriende betuig.






Comments