RUGBY: Snyman tevrede met Blitsbokke se skerp voorseisoen-opbou
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 6
- 1 min read
Die Springbok-sewesafrigter, Philip Snyman, sê hy is tevrede met die Blitsbokke se vordering terwyl hulle hul laaste kondisioneringsblok voltooi voor die 2026 HSBC SVNS-seisoen.
Die groep het deelgeneem aan die Fast Forward Sevens in Stellenbosch voor ‘n spanbou- en kultuurkamp in Caledon.
Snyman het die groep se diepte geprys, veral onder die voorspelers.
Hy het ook hulpafrigter, Renfred Dazel, geloof vir die versterking van die span se kultuur en tegniese voorsprong terwyl hulle voorberei om hul Kaapstad-titel in Desember te verdedig.






Comments