top of page

RUGBY: Springbok-stut Steven Kitshoff hang rugbystewels op

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 26
  • 1 min read

Die Springbok-stut, Steven Kitshoff, het sy uittrede uit rugby Dinsdag aangekondig nadat diè 33-jarige veteraan gedurende verlede seisoen in die Westelike Provinsie se Curriebeker-stryd teen die Griekwas in Kimberley ‘n ernstige nekbesering opgedoen het. Kitshoff het verlede jaar November ‘n nekoperasie ondergaan en het aansienlik verminderde rotasie in sy nek. ‘n Neurochirurg het hom aangeraai om eerder sy stewels op te hang want die kanse is goed dat hy weer ‘n besering sal opdoen. Kitshoff het 83 keer vir die Bokke uitgedraf en 138 verskynings vir die Stormers gemaak waar hy diè Kaapse franchise in 2022 gelei het na die Verenigde Rugbykampioenskap trofee.

 
 
 

Comments


bottom of page