top of page

RUGBY: Springbok-trots kry tuiste met eerste amptelike winkel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4
  • 1 min read

Suid-Afrikaanse Rugby het ‘n belangrike mylpaal bereik toe die eerste amptelike Springbok-winkel sy deure in Sandton City in Johannesburg geopen het. Die winkel bied ‘n veelsydige nuwe ondersteunersreeks genaamd Springboks wat ontwerp vir daaglikse drag van binne die raadsaal tot rondom die braai-vuur. Die aanlynwinkel by springbokretail.com  gee nou beide plaaslike en internasionale ondersteuners toegang tot amptelike toerusting om die Springbok-handelsmerk uit te brei. *Ondersteuners maak gereed vir die Bokke en Italië toets wat Saterdagmiddag om 17:10 op Loftus Versveld in Pretoria afskop. Die Bokke word aangevoer deur Jesse Kriel met Eben Etzebeth wat die onderkaptein sal wees. Die twee spanne het reeds 16 keer teen mekaar gespeel waarvan die Bokke 15 gewen het. Die Wêreldkampioen het 102 drieë teen die Italianers gedruk en slegs 16 afgestaan met ’n rekord wentelling van 101 – 0 op 19 Junie 1999 in Durban.

 
 
 

Comments


bottom of page