RUGBY: Springbok-vroue oorgehaal vir ontmoeting teen Kenia in Rugby Afrikabeker-toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 11, 2025
- 1 min read
Die Springbok-vroueafrigters het ‘n onveranderde beginspan vir Woensdag se Rugby Afrika-vrouebeker-wedstryd teen Kenia aangewys. Nompumelelo Mathe sluit aan by die bank as ‘n losvoorspeler en vervang Nomawethu Mabenge aangesien die afrigters ‘n ses-twee-verdeling tussen voorspelers en agterspelers verkies het. Die span wat aangevoer word deur Anathi Qolo se selfvertroue is hoog na die verdedigende kampioen se 62 - 7 oorwinning oor Uganda in hul openingswedstryd. *Diè wedstryd skop om 12:00 (SA Tyd) af in die Stade Makis in Antananarivo en word regstreeks op SuperSport Kanaal 199 uitgesaai.






Comments