top of page

RUGBY: Springbok-vroue skuur net-net deur teen Kenia in Afrikabeker-toernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 12, 2025
  • 1 min read

Die Springbok-vrouespan moes na ‘n sesde rat oorskakel in hul tweede wedstryd in die  Afrikabeker-toernooi teen Kenia en kon met 19 – 12 die septer swaai. Die verdedigende kampioen het teen halftyd met 12 – 0 voorgeloop en dit kort daarna met sewe punte opgeskuif  maar Kenia het egter nie gaan lê nie en met twee drieë terug geantwoord. Suid-Afrika se volgende wedstryd is Sondag teen Madagaskar. *Vrystaat Rugby herdenk vanjaar hul 130ste bestaansjaar en bereik op Vrydag 11 Julie ‘n hoogtepunt met ‘n historiese wedstryd tussen die Toyota Cheetahs en die nasionale span van Georgië wat om 19:00 daardiè aand afskop in die Vrystaat-stadion. Georgië speel dan ‘n week later teen die Springbokke by die Mbombela-stadion in Nelspruit. Kaartjies is R100 vir die oop pawiljoen en R150 op die hoofpawiljoen en is beskikbaar by die Toyota-stadion se kaartjiekantoor of aanlyn by www.ticketpro.co.za

 
 
 

Comments


bottom of page