RUGBY: Springbokvroue boet vir swak dissipline

1 hour ago
1 min read
Die Springbokvroue het met 50-19 teen Wallis by Cardiff Arms Park verloor, met swak dissipline en uitvoering wat grootliks bygedra het tot ‘n teleurstellende eerste helfte in hul openingswedstryd van die WXV-wêreldreeks.
Lindelwa Gwala en Danelle Lochner het albei in die eerste helfte geel kaarte gekry, en Lochner se kaart is later na rooi opgradeer en Lochner moet vandag voor ‘n dissiplinêre komitee verskyn.
Mede-afrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê Wallis het gespeel soos verwag, maar die Springbokke het nie daarop gereageer nie, terwyl kaptein, Babalwa Latsha, erken het dat die tuisspan meer klinies was, ten spyte daarvan dat Suid-Afrika ná rustyd verbeter het.
LUISTER HIER:
Laurian en Latsha








Comments