top of page

RUGBY: Steyn verander Cheetahs-span vir Eagles-wedstryd

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 12
  • 1 min read

Die Cheetahs se hoofafrigter, Frans Steyn, het verskeie veranderinge aan sy span vir Saterdag se SA-bekeraanwending teen die SWD Eagles in Bloemfontein aangekondig. Die span is so gister aangekondig. Volgens vervang Cameron Dawson vir Hencus van Wyk op loskop, Pieter Jansen van Vuren vervang Victor Sekekete in die tweede ry, en Neels Volschenk sluit by die agterste ry aan. Cohen Jasper begin op heelagter, met Clayton Blommetjies wat weer op losskakel speel. Gideon van der Merwe, Ethan Wentzel en vyf ander spelers is weens beserings nie beskikbaar nie. Die Cheetahs het verlede week ses drieë gedruk in ’n oorwinning teen die Griffons, wat hulle na vierde op die punteleer geskuif het, maar die Boland Kavaliers en Valke is steeds kort op hul hakke.Die wedstryd skop 15:00 af, en daar is goeie nuus, volgens ’n berig op die Toyota Cheetahs se webwerf is die versperrings voor die pawiljoene verwyder. Ondersteuners word versoek om nie onmiddellik na die eindfluitjie op die veld te storm vir die veiligheid van die spelers, beamptes en mede-ondersteuners nie.

 
 
 

Comments


bottom of page