top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Super-Sacha lei die Bokke tot 'n ongelooflike oorwinning

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28, 2025
1 min read

Onder leiding van Sacha Feinberg-Mngomezulu het die Springbokke op Kingspark in Durban geseëvier oor Argentinië in 'n ongelooflike oorwinning van 67 – 30.


Supersport berig dit het aanvanklik gelyk of die Springbokke die punte op 'n skinkbord weggee.


Maar super-Sacha het die wedstryd weer omgeswaai met 'n driekuns-drieë en netjiese skopwerk vir 'n gekombineerde totaal van 37 punte.


Die tuisspan se kanse is nou nog springlewendig om sy Rugbykampioenskap-titel suksesvol te verdedig.


FOTO: Rapport
FOTO: Rapport

 
 
 

Comments


bottom of page