top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Toyota Cheetahs se staatmaker flank Friedle Olivier verhuis na Japan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 18, 2025
1 min read

Die Toyota Cheetahs se staatmaker flank Friedle Olivier gaan voortaan sy rugbyloopbaan in Japan voortsit. Olivier het sy debuut in 2013 vir die Valke gemaak voor hy in die Russiese Premier Liga gespeel het. In Julie 2022 het hy by die Cheetahs aangesluit waar hy 41 keer vir die Vrystaters uitgedraf het. Vrystaat Rugby het in ’n media verklaring OlIvier bedank vir sy bydrae in die Oranje trui en hom sterkte toegewens met sy toekoms planne.

 
 
 

Comments


bottom of page