RUGBY: Twee staatmakers is terug vir die Wallabies in die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 17, 2025
- 1 min read
Australië het goeie nuus gekry voor hulle ontmoeting met die Britse en Ierse Leeus eerskomende Saterdag in Brisbane. Die ysterman van die Brumbies Rob Valetini sal hopelik fiks verklaar word nadat hy die opwarmingswedstryd teen Fidji weens ‘n dyspierbesering misgeloop het. Indien hy ‘n finale fiksheidstoets slaag behoort hy deel te wees van ‘n volsterkte Wallabies-span. Die ander Wallaby kragreus Will Skelton is ook terug op slot vir die Goue truie terwyl Tom Lynagh na verwagting in die nommer tien trui sal begin. Lynagh se pa was die legendariese Michael wat in 1989 losskakel teen die einste Britse en Ierse Leeus gespeel het. Die afskop in die Suncorp Stadion is 12:00 (SA Tyd).






Comments