top of page

RUGBY: Veelsydige Wallaby Joseph Sua’ali’i in stryd gewikkel om betyds te herstel vir Britse & Ierse Leeus toer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 15
  • 1 min read

Die veelsydige Wallaby agterspeler Joseph Sua’ali’i is in ’n stryd gewikkel om betyds van sy besering te herstel vir die inkomende Britse & Ierse Leeus toer. Die bonkige Sua’ali’i het harsingskudding opgedoen in ’n Super Rugby Pacific-kragmeting tussen die Waratahs en die Reds toe hy ’n duikslag uitgevoer het. Hy het ook ’n fraktuur aan sy kaak opgedoen en sal dus ‘n oprasie moet ondergaan en minstens vier weke langs die kantlyn deurbring. Australië en die Britse en Ierse Leeus gaan in drie toetse mekaar aandurf met die eerste een wat op 19 Julie in Brisbane afskop.

 
 
 

Comments


bottom of page