top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: VRK Speler van die Seisoen-kortlys word aangekondig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 27, 2025
1 min read

Sacha Feinberg-Mngomezulu, Cameron Hanekom en Wilco Louw is genomineer vir die Suid-Afrikaanse Vodacom VRK Speler van die Seisoen-toekenning. Diè stemmery wat insette van Springbok- en konsessie-afrigters sowel as medialede ingesluit het, het diè drie bo ‘n veld van 17 aanspraakmakers van die vier Suid-Afrikaanse spanne laat uittroon. Feinberg-Mngomezulu het beïndruk as ‘n aanvallende sleutel-speler vir die Stormers terwyl Hanekom se algehele impak met die bal, verdediging en aflaai tesame met Louw se sterk teenwoordigheid en oorheersing in die skrums goud werd was vir die Bulle. Die wenner sal op Donderdag 5 Junie tydens die jaarlikse Vodacom VRK-toekenningseremonie aangekondig word.

 
 
 

Comments


bottom of page