top of page

RUGBY: Vuurwarm aksie word in SABeker-kompetisie tussen Cheetahs en Griffons in Bloemfontein verwag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 3
  • 1 min read

Die SA Beker gaan hierdie naweek vuurwerke oplewer met ‘n opwindende Vrystaat-derby tussen die Toyota Cheetahs en NovaVit Griffons in Bloemfontein terwyl spanne veg vir ‘n top-vier-plek in die wedloop om die Carling Curriebeker-Premierafdeling. Die wedstryd skop Saterdagmiddag om 15:00 af met studente en kinders wat slegs R20 betaal en kan gekoop word by die kaartjiekantoor in die Toyota Stadion of aanlyn by Ticketpro. Die verdedigende kampioene die Suzuki Griekwas en 2024-finaliste Airlink Pumas is tans voor op die punteleer met die Cheetahs, Griffons, Kavaliers en Valke wat om uitspeelplekke sal veg.

 
 
 

Comments


bottom of page