RUGBY: Wêreldwye druk vir veiliger rugby kry momentum
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Wêreldrugby het aanbeveel dat die wettige duikslaghoogte tot sternumvlak verlaag word vir gemeenskapsvlakwedstryde.
Volgens Netwerk24 is data van 'n proeftydperk ingesamel waar 150 000 duikslae 'n vermindering van tussen 8-10% ernstige kopbeserings toon met 'n laer duikslaghoogte.
In SA Rugby se skool- en klubrugbykompetisies is die nuwe wette vir laer duikslaghoogte - wat duikslae by of onder die basis van die sternum vereis - reeds aangeneem.
Daar word nou toenemend gepraat dat dieselfde verandering na die professionele spel uitgebrei kan word.






Comments