RUGBY: Zenay Jordaan keer terug as afrigter vir Bok vroue voor 2025 Wêreldbeker-toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 22, 2025
- 1 min read
Zenay Jordaan sal later vanjaar in Engeland in ‘n afrigtingskapasiteit terugkeer na die wêreldverhoog. Die 34-jarige Jordaan wat ook ‘n gegradueerde van Wêreldrugby se Vlak 3-afrigtingskursus is sal die Bok-vroue-afrigtingspan tydens die 2025 Wêreldbeker-toernooi ondersteun. Prestasie-afrigter Swys de Bruin het Jordaan se insluiting verwelkom en beklemtoon hoe belangrik dit is om vroulike afrigters te ontwikkel in die groei van die vrouespel. Jordaan het onlangs by die Springbok-vroue-oefenkamp in Stellenbosch aangesluit waar sy haar opgewondenheid uitgespreek het om weer op die veld te werk. ** LUISTER ZENAY JORDAAN OOR HAAR TERUGKEER TOT DIE RUGBVELD:






Comments