top of page

Ruiters byt vas in die land se taaiste uithourit

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 9
  • 1 min read

Die eerste ruiters het oor die eindstreep van die eerste been van die Fauresmith 200 galop. Dit ná ʼn uitmergelende rit oor sowat 75 km in die snerpende koue en ruwe Vrystaatse vlaktes. Maroela Media berig volgens deelnemers was die rit lank en uitdagend, met los klippe, modder en strawwe dele wat ruiters en hul fikse perde beproef het. Tussen die ruiters wat Dinsdag se strawwe roete aangedurf het, was daar ongelukkig ook ʼn deelnemer wat van haar perd afgeval het. Hoewel die ruiter gelukkig nie beseer is nie, is haar perd steeds soek. Twee bakkies het ook vasgesit en moes ná heelwat gesukkel met behulp van ander voertuie uitgesleep word.

 
 
 

Comments


bottom of page