top of page

Rusland verbied die uitvoer van brandstof tot die einde van die jaar

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Sep 27
  • 1 min read

Rusland het die uitvoer van brandstof verbied tot die einde van die jaar nà petrolpompe regoor die land leegloop.


Oekraïense hommeltuigaanvalle het Rusland se voorraad ontwrig.


Kijef het die eerste keer hommeltuigaanvalle op Russiese raffinaderye, pompstasies en brandstoftreine oor die somer verskerp om brandstofvoorsieningskettings te ontwrig.


Die Oekraïense Lugmag het bevestig dat hulle hierdie week verskeie Russiese brandstofproduksieterreine en pompstasies aangeval het.


Die verbod op uitvoere is die jongste poging deur die Kremlin om die tekorte te hanteer.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page