top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rusland wil ekonomies onafaknklik van Weste bly

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 16, 2025
1 min read

Rusland sê hy sal nooit weer in ‘n situasie beland waar hy ekonomies op die Weste moet staatmaak nie. Die minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrof het in ‘n onderhoud met ‘n Russiese koerant gesê die globalisasie van die wêreldekonomie is vernietig deur sanksies wat Amerika se vorige Biden-administrasie ingestel het teen Rusland, China en Iran. SABC-nuus berig die VSA het streng sanksies ingestel teen Rusland oor sy inval in Oekraïne in 2022. Lavrof sê Rusland sal nie weer in ‘n posisie kom waar hy op die Weste moet steun in sektore soos die ekonomie, landbou, tegnologie en op militêre gebied nie. Lavrof het ook gesê dat dit moeilik is om ‘n vredesooreenkoms met die VSA oor Oekraïne te bereik, omdat hy Russe in dele van Oekraïne nie in die steek kan laat nie.

 
 
 

Comments


bottom of page