SA blom by die Chelsea-blommeskou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Suid-Afrika gaan vanjaar ’n unieke, veldbrand-geïnspireerde uitstalling by die RHS Chelsea Blommeskou in London aanbied.
Volgens ontwerper Leon Kluge is die konsep geïnspireer deur die rol wat veldbrande speel in die herlewing van fynbos.
In ‘n plasing op Facebook sê Kluge hulle beoog om nie net 'n skouspelagtige vertoning van Suid-Afrikaanse plante aan te bied nie, maar ook om besoekers op te voed oor dié unieke vuurgedrewe ekosisteem.
Die uitstalling vier ook Suid-Afrika se 50ste deelname aan die wêreldbekende blommeskou.
Meer as 2 000 stingels vars blomme uit die Wes-Kaap sal gebruik word om die tema uit te beeld.
Die skou vind van 19 tot 23 Mei plaas en lok jaarliks duisende besoekers van regoor die wêreld.








Comments