SA bly die beste in Afrika in burgerlike lugvaartveiligheid

Oct 14
1 min read
Suid-Afrika het sy posisie as die wêreld se sewende beste land en Afrika se leier in burgerlike lugvaartveiligheid behou, met 'n finale gradering van 94,99 %.
Die hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid, Poppy Khoza, sê die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie het in April die land se vermoë om internasionale lugvaartveiligheidstandaarde toe te pas, beoordeel.
Die finale telling is bevestig ná gehaltekontroles by die organisasie se hoofkantoor in Kanada.
Khoza het die prestasie aan die reguleerder, lugvaartkundiges en belanghebbendes in die bedryf toegeskryf.
LUISTER HIER:
Poppy Khoza









Comments