SA boere sal glo ’n plan maak as Agoa wegval
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 11, 2025
- 1 min read
Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotzé, sê die Agoa-ooreenkoms bring beduidende en broodnodige ontwikkeling na Suid-Afrika se landelike gebiede, maar die tienjaar-ooreenkoms sal in September verstryk. News24 berig as dit nie hernieu word nie, sal daar na bestaande en nuwe markte gekyk word. Die minister van landbou, John Steenhuisen, het gesê dat indien Suid-Afrika uit die Agoa-ooreenkoms geskop word, daar gepoog sal word om ’n nuwe handelsooreenkoms met die VSA te onderhandel. Die Agoa-handelsooreenkoms maak voorsiening dat sowat 1 800 produkte tariefvry uitgevoer kan word. Kotzé voeg by dat hoewel die Amerikaanse president, Donald Trump, Suid-Afrikaanse boere uitgenooi het om soontoe te gaan, hy nie glo dat die boere die aanbod sommer sal aanvaar nie.






Comments