top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'SA bou ’n veilige en inklusiewe digitale toekoms'

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 6
  • 1 min read

Volgens President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika, as ’n ontwikkelende land, ’n unieke geleentheid om verouderde tegnologieë oor te slaan om die ekonomie te laat groei en ontwikkeling aan te spoor.


Hy het in sy weeklikse nuusbrief onthul dat die land werk om ’n veilige en inklusiewe digitale toekoms te bou.


Hy voeg by onlangse beleggings in wolkrekenaarkunde en kunsmatige intelligensie deur groot maatskappye toon dat Suid-Afrika se digitale ekonomie se trajek groei.


Volgens Ramaphosa kan digitale tegnologieë help om ontwikkelingsuitdagings in onderwys, gesondheidsorg, dienslewering en klimaatsverandering te oorkom.


Hy voeg by Suid-Afrikaners moet hierdie geleenthede benut terwyl hulle binnelandse vermoë bou en die land se soewereiniteit beskerm.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page