top of page

SA en Zim werk saam teen kinderhandel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 26
  • 1 min read

Updated: Jan 27

Suid-Afrika en Zimbabwe se grensbeamptes het ooreengekom om enige volwassenes wat betrap word waar hulle kinders tussen die twee lande smokkel, in hegtenis te neem.


Die Grensbestuursowerheid (GBO) se kommissaris, Michael Masiapato, het dit bevestig in ‘n onderhoud met eNCA. Hy verduidelik dat die vervoer van kinders tussen die twee lande sonder dokumentasie ‘n kriminele aktiwiteit is.


Hy waarsku dat nalatige ouers ook die volle mag van die gereg in die gesig sal staar, tesame met diegene wat die reise fasiliteer.


Meer as 50 kinders wat sonder ouers of voogde reis is hierdie maand alleen by die Beitbrug-grenspos onderskep.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page