top of page

Tientalle kinders is by 'n grenspos onderskep

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 9
  • 1 min read

Die Grensbestuursowerheid (GBO) het 20 kinders naby die Beitbrug-grenspos in Limpopo na Zimbabwe onderskep.


Maroela Media berig die kinders, tussen vyf en 17 jaar oud, het volgens die GBO sonder ouertoesig of wettige voogdyskap gereis – slegs een kind se ouer was teenwoordig.


Die woordvoerder van die Grensbestuursowerheid, Mmemme Mogotsi, sê die voorval wek ernstige kommer oor kinderbeskerming en moontlike mensehandel, met ondersoeke wat nou aan die gang is.


Die kinders is tans in die sorg van maatskaplike owerhede.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page