Nóg ʼn groep kinders is by 'n grenspos onderskep
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 14
- 1 min read
Nóg ʼn groep ongedokumenteerde kinders is gister by die Beitbrug-grenspos onderskep.
Die kommissaris van die grensbestuursowerheid (GBO), Michael Masiapato, sê ʼn grenswag het 'n minibustaxi by die grenspos voorgekeer en deursoek. Die taxi het 33 kinders tussen vier en 15 jaar oud vervoer.
Maroela Media berig volgens die GBO was die kinders van Suid-Afrika op pad na Zimbabwe. Hulle het geen geldige reisdokumente gehad nie.
Twee Zimbabwieërs is in hegtenis geneem op aanklagte dat hulle die onwettige oorgrensbeweging van die kinders gefasiliteer het.
Die kinders is in die sorg van die departement van maatskaplike ontwikkeling oorgegee. Masiapato sê die voorval bevestig die doeltreffendheid van verskerpte grensbestuursmaatreëls, en die grensbestuursowerheid sal nie die uitbuiting van kinders of die fasilitering van onwettige oorgrensbeweging duld nie.







Comments