SA het dringend ‘n beter noordelike grensheining nodig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 8
- 1 min read
Volgens die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, het Suid-Afrika dringend ‘n beter noordelike grensheining nodig.
Dit volg ná sy besoek aan die Beitbrug-grenspos verlede week.
Hy sê die bestaande 40km lange lemmetjiesdraadheining, wat in 2020 teen ‘n koste van R37-miljoen as ‘n COVID-19-maatreël opgerig is, is grootliks vernietig.
Macpherson sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is verantwoordelik vir ‘n nuwe grensheining, maar sy departement sal ondersteuning bied indien so ‘n projek goedgekeur word.








Comments