top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA implementeer swaar heffings op sekere bo-laai wasmasjiene

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Apr 24
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het definitiewe teenstortingregte ingestel wat wissel van nege-komma-drie-nege persent tot 67-komma-een-een persent op vol-outomatiese bo-laai wasmasjiene wat uit China en Thailand ingevoer word.


Die besluit volg op ‘n klagte deur Defy Appliances, wat beweer het dat masjiene met ‘n kapasiteit tussen 10 kilogram en 17 kilogram teen onbillik lae pryse verkoop word. Die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika het bewyse van storting gevind en bevestig dat dit wesenlike skade aan die plaaslike bedryf veroorsaak.


Hierdie definitiewe teenstortingregte is ingestel om binnelandse produksie te beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page