top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA is bekommerd oor hernude aanvalle in die Rooi See-streek

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18
1 min read

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking is bekommerd oor die hernude toename in aanvalle in die Rooi See-streek.


Die regering waarsku dat voortgesette geweld in die streek onstabiliteit verder kan vererger.


Die departement doen ’n beroep op alle partye om selfbeheersing aan die dag te lê, diplomasie na te streef en op ’n konstruktiewe wyse gesprek te voer. Hy sê ’n blywende oplossing vir die konflik in Jemen moet deur inklusiewe onderhandelinge onder die vaandel van die Verenigde Nasies bereik word.


Die departement sê stabiliteit in die streek bly noodsaaklik vir internasionale handel en breër ontwikkelingspogings regoor Afrika.


Ter illustrasie. FOTO: Unicef
Ter illustrasie. FOTO: Unicef

 
 
 

Comments


bottom of page