top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA is nie immuun teen konflikverwante kuberrisiko’s nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 56 minutes ago
  • 1 min read

Suid-Afrika is nie immuun teen konflikverwante kuberrisiko’s nie, ten spyte daarvan dat die land nie direk betrokke is by konflik in die Midde-Ooste nie.


Die waarskuwing kom van die regsfirma Webber Wentzel, wat sê verskeie sektore plaaslik kwesbaar bly vir kuberaanvalle.


Dit sluit onder meer die finansiële dienste-sektor, hawens, energie-infrastruktuur en telekommunikasienetwerke in.


Volgens die firma kan Suid-Afrika ook indirek geraak word weens sy afhanklikheid van internasionale handel en integrasie in globale markte.


Verder kan wisselvalligheid in energie- en kommoditeitspryse, asook blootstelling aan internasionale herversekeringsmarkte, die land meer kwesbaar maak vir die nagevolge van konflik.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page